My Other Blogs

Saturday, July 13, 2013

KERRIE MAALVLEISBOLLE MET PIESANG

Met die koue nat weer soek ons Kerrie.... geregte om ons warm te maak :
Probeer gerus die lekker KERRIE MAALVLEISBOLLE MET PIESANG;
Die foto is slegs 'n illustrasie:

Ek maak Kerriefrikkadelle met piesangs vir aandtete (uit ouma se boek)

1 1/2 snye brood
1 K water
1 Eier
1/8 t fyn naeltjies
1/4 t fynneut
1t sout
1/4t peper
1lb (500gr) maalvleis

Week die brood in water. Maak met vurk fyn. Voeg brood eier en geurmiddles by vleis. Meng liggies en deeglik met vurk. Vorm frikkadelle. Rol in meel pak in vuurvaste skottel.

Kerrie sous
1 groot uit fyn gekap
1 E botter
1E meelblom
1 E Kerrie
1/2k bruinsuiker
1E suurlemoen sap
1 K water
1 E appelkooskonfyt
5 Piesangs

Braai ui sag in botter. Roer Kerrie en meel by. Braai effens. Voeg asyn water suurlemoensap by. Sny drie piesangs in die mengsel. Voeg konfyt by. Laat kook stadig tot piesang gaar is. Sny ander twee piesangs in die lengte. Rangskik tussen frikkadelle. Gooi sous oor frikadelle. Bak in matige oond vir uur. Bedoen met klapper of blatjang.

No comments:

Post a Comment