My Other Blogs

Tuesday, May 21, 2013

Oudydse Melktert

 
 
OUTYDSE
 
MELKTERT
 
 
 
 
 
 
KORS:
3 koppies koekmeel
3 teelepels bakpoeier
3 eetlepels botter (rond vol)
Koue water om deeg mee aan te maak.
 
Meng droë bestanddele. Frummel botter in met vingerpunte. Maak sagte, rolbare deeg met koue water. Rol dun uit. Voer tertpanne uit en plaas in yskas solank vulsel voorberei word.
 
VULSEL:
6 koppies melk
1 en halwe koppie suiker
6 eiers geskei - gele geklits en 2 witte styf geklits.
1 desertlepel botter (rond vol)
1 en driekwart koppie meelblom
1 teelepel essence
knippie sout
 
Metode:
Kook 4 koppies melk.
Meng 2 koppies melk en meel.
Voeg by kookmelk en roer voortdurend.
Voeg gaar mengsel by eiergele en meng goed.
Voeg botter en suiker by.
Plaas terug op stoof en meng goed deur - roer aanhoudend.
Haal van stoof af, roer eierwitte by en voeg essense by.
Gooi in tert doppe.
Plaas hier en daar 'n klontjie botter.
Bak by 200 grade C vir sowat 35 tot 40 minute tot goudbruin bo-op.
Strooi kaneelsuiker oor.

No comments:

Post a Comment