My Other Blogs

Wednesday, August 7, 2013

ROTI MET JOGURT-EN-WITBOON-BOLAAG ~ Die Nataniël Tafel

 
 
 
JY BENODIG

8 roti's of ander tipe platbrood
1 heel knoffelbol
1 blikkie cannellini-boontjies, gedreineer
½ koppie natuurlike jogurt
1 eetlepel grasuie, gekap
1 eetlepel pietersielie, gekap
skil van ½ suurlemoen, fyngerasper
seesout
grofgemaalde swartpeper
300g jong tamaties

METODE

Berei (of verhit) roti's volgens aanwysings en laat dan afkoel.
Sny in skywe of breek in stukke en hou eenkant.
Draai knoffel toe in foelie en bak teen 180˚C in die oond vir 50 minute.
Verwerk boontjies tot puree en plaas in mengbak.
Roer jogurt by, druk knoffel uit en roer by.
Roer kruie en skil by en geur met sout en peper.
Plaas tamaties op oondplaat en bak totdat velletjies bars.
Skep klein hoeveelhede jogurt op roti en plaas tamatie bo-op elkeen.

No comments:

Post a Comment