Wednesday, October 17, 2012

MELKTERT MET ‘N VERSKIL


MELKTERT MET ‘N VERSKIL

 

 1 L (4 k) volroommelk
2 kaneelstokkies (of roer 1/2t kaneel poeier by)
60 ml (¼ k) vlapoeier
80 ml (1⁄3 k) mielieblom
1 blik (397 g) kondensmelk
100 g STORK BAKE, in blokkies gesny
1 eier, geklits
2 pakkies (200 g elk) Tennis-beskuitjies
gemaalde kaneel


Verhit 750 ml (3 k) van die melk saam met die kaneelstokkies tot net onder kookpunt.

Laat 10 minute staan en verwyder die kaneelstokkies.

Meng die vlapoeier en mielieblom met die res van die melk en die kondensmelk tot glad. Voeg by die warm melk, plaas terug op die plaat en bring tot kookpunt. Roer voortdurend. Laat prut tot verdik en gaar. Haal van die plaat af en klits die STORK BAKE en eier by

Pak ’n laag Tennis-beskuitjies in ’n bak van 35 x 20 cm.

Skep ’n dun lagie vla oor, sprinkel ’n bietjie gemaalde kaneel oor en pak nog ’n laag koekies bo-op.

Herhaal die lae vla en koekies en eindig met vla en gemaalde kaneel.

Laat afkoel tot kamertemperatuur en plaas oornag in die yskas.