Tuesday, October 1, 2013

Oreo Droomvanger Yskastert

Jy het nodig:
1 groot pak Oreo kookies, grof gebreek
1 liter vanilla roomys, sag, maar nog gevries
1 bottel fudge of karamelstroop (wat jy koop vir roomys)
1 1/2 koppie peanuts liggies gekap
1 liter geklopte room
kokao vir versier
sjokolade krulle of gerasperde sjokolade of kokao
So gemaak:
1. In die vierkantige glasbak, sprei die gebreekte oreo koekies mooi eweredig oor die oppervlak.
2. Sprei die sagte vanilla roomys liggies bo-oor die koekies , plaas in vrieskas tot roomys weer goed geset het
3. Gooi genoeg fudge/karamel stroop bo -oor roomys
4. Sprinkel eweredig die peanuts bo oor sous.
5. Sprei nou die room eweredig bo- oor die peanuts..
6. Sprinkel met kakao, sit in vrieskas tot goed geset..
Versier met krulle, of sjokolade raspers……sny in blokke, geniet dadelik…. Jy kan ekstra stroop bo op gooi met opdiening.