Tuesday, June 18, 2013

Outydse Melkkos

"Daar is baie melkkosresepte daar buite, maar hierdie resep van my ouma Engela bly ʼn wenner. Dit neem effens langer om te maak, maar is regtig baie lekker," skryf Emsie van Vuuren.

Hier volg haar resep:


Bestanddele:
10 ml bakpoeier
2 ml sout
7 koppies melk
50 ml witsuiker
60 g koekmeel; ekstra sowat ½ koppie eenkant
50 ml margarien, gesmelt
3 eiers, geskei
Kaneelsuiker
Metode:

Meng die meel, bakpoeier en sout.
Klits 1 koppie melk en die droë bestanddele tot ʼn pasta.
Verhit die res van die melk tot kookpunt.
Klop die gesmelte margarien by die pasta.
Klits die eiergele en suiker tot donsig.
Klop dit by die pasta.
Voeg bietjie van die kookmelk by die pasta en meng
Meng die res van die melk geleidelik by.
Kook die mengsel oor lae temperatuur tot gaar – dit neem so wat 1 minuut. Maak seker dat jy dit deurentyd met ʼn draadklitser klop om te voorkom dat dit klonte maak.

Laat effens afkoel.

Vou die styf geklitste eierwitte in.

Bedien met baie kaneelsuiker. Dit werk goed om ʼn lagie kaneelsuiker onderin ʼn bakkie te skep, dan ʼn laag melkkos, weer ʼn lagie suiker, ʼn laag melkkos en dan ʼn laaste lagie suiker.

Die resep lewer sowat 2 liter melkkos.