Tuesday, January 7, 2014

Brunch idee

Brunch Idee


Braai 'n pakkie spek en kap fyn, laat afkoel.
Maak roer eiers(6) met omtrent 'n kwart koppie melk, sout en peper.

Laat afkoel en meng met die spek saam met 'n koppie gerasperde kaas.

Rol deeg uit en sny in vierkante.

Gebruik omtrent 1 eetlepel broodkrummels en sit op 'n vierkant, los reg rondom 'n randjie oop vir toeplak.

Pak omtrent 2-3 eetlepels bacon mengsel bo-op die broodkrummels.

Verf 'n ander vierkant met water en plak op die een met die vulsel.

Druk die kante styf toe, sodat die kaas nie kan ontsnap nie.

Verf albei kante met olie en bak op 'n bakplaat vir +- 10 minute op oond 180 grade.

Draai pasteie om en bak weer 10 minute.

Jy kan ook gebraaide sampioene bysit.


Lekker eet!