(4 porsies)
Bestandele
½K (125 ml) bruin rys
½K (125 ml) lensies
½K (125 ml) gort
3 K (750 ml) water
1 t (5 ml) gegeurde sout
1 E (15 ml) botter of olie
62,5ml gekapte pietersielie
3/4 K (187,5 ml) gerasperde wortel
SO MAAK JY:
Mikrogolf die rys, lensies, gort en water 20 minute saam in 'n toe bak by HOOG (100 %).
Maak los met 'n vurk en voeg die oorblywende bestanddele by. Meng deur en laat 'n paar minute staan.
Hierdie rys vries besonder goed en is ewe lekker met hoender of geroosterde vis.
No comments:
Post a Comment