Monday, July 23, 2012

Hoender-en-ryspotjie

Hoender-en-ryspotjie


·         1,5 kg hoenderporsies (verkieslik sonder vel - ek gebruik graag ontbeende dyfilette)

·         2-3 teelepels olyfolie

·         125 g swoerdlose spek,  gekap

·         1 groot rooi soetrissie, in blokkies gesny

·         3-4 selderystingels, fyn gekap

·         1 pakkie sampioene, in skyfies gesny

·         1 koppie rou rys

·         300 ml hoenderaftreksel

·         150 ml droë witwyn

·         1 eetlepel tamatiepuree

·         Sout en varsgemaalde swartpeper

·         1 koppie bevrore of geblikte ertjies

So maak jy

1.       Geur en braai. Sprinkel sout en swartpeper oor die hoender porsies en braai hulle in verhitte olyfolie in die driepoot- of platboompot oor warm kole tot goudbruin aan al twee kante.

Skep dit uit en hou eenkant.

2.       Braai die vetjies uit. Braai die spek in dieselfde pot totdat al die vet uitgebraai is en die spek begin bros raak. Skep dit uit en hou dit by die hoender.

3.       Nou die groente se beurt. Braai die uie, soetrissie, seldery en sampioene vir 'n paar minute tot sag en glansend. Voeg die rou rys by en roer  totdat die bestanddele oraloor bedek is. Voeg die hoender en spek by.

4.       Maak nat. Voeg die hoender-aftreksel, droë witwyn en tamatiepuree by en geur dit na smaak met sout en swartpeper.

Verhit dit oor die kole totdat dit stadig prut en sit dan die deksel op. Laat die pot vir 50-60 minute prut en roer dit af en toe deur. Roer die ertjies in die laaste 15 minute by. Die potjie is reg sodra die rys al die vloeistof geabsorbeer het en die hoender en rys gaar is. Sit dit net so voor of met 'n groen slaai.

No comments: