Monday, July 23, 2012

Niknaks broodjie by braaivleis



Hierdie broodjie is glo heerlik saam met braaivleis of selfs met n lekker potjie.
 
(Voorverhit oond tot 180°C)

1 kg meel

1 pakkie Anchor gis
1 t sout
2 t olie
2 t suiker
1 groot pak Niknaks
2 uie gebraai
1 tl gemengde kruie
2 pakkies sampioene
 
Meng alles saam en knie  net genoeg louwarm water by om lekker deeg te vorm. Voeg dan 1 groot pak Niknaks, 2 gebraaide uie, 2 pakkies sampioene en 1 t gemengde kruie by. Sit in gesmeerde broodpannetjie en bak in voorverhitte oond van 180°C vir +45 min of tot gaar.
 

No comments: