Wednesday, April 24, 2013

Gemmerbier



Bestandele

10 liter water
... 1 kg suiker
15 ml jamaikagemmer
50 g kremetart
250 ml suurlemoensap
1 pakkie (10 g) kitsgis
250 ml sultanas


Instruksies

Bring die water tot kookpunt en voeg die suiker, gemmer, kremetart en suurlemoensap by. Meng goed. Haal van die hitte af wanneer die mengsel goed kook. Laat afkoel tot kamertemperatuur. Voeg die gis en sultanas by. Roer goed. Gooi die gemmerbier in die groot plastiekemmer en maak toe. Laat staan vir drie dae by kamertemperatuur. Ná drie dae kan jy die emmer oopmaak en die gemmerbier in tweeliter-plastiekbottels oorgooi. Hou die bottels in die yskas.



Hier is nog 'n resep:


Maak: 3-4 bottels
Bereidingstyd: 20 minute, plus staantyd
Kooktyd: 10 minute

Bestandele

 • 635 g (750 ml) suiker
• 15 ml fyn gemmer
• 7 g droë kitsgis
• 12 sultanas

Instruksies

1 Verhit die suiker en 2 1/2 liter water in ’n kastrol. Roer tot die suiker opgelos het en haal van die plaat af.

2 Voeg twee liter koue water by en roer die gemmer by.

3 Laat die vloeistof afkoel tot lou-warm en gooi dan 125 ml daarvan in ’n bak. Voeg die gis by en roer tot opgelos. Roer dit by die res van die vloeistof.

4 Gebruik ’n tregter en gooi die vloeistof in skoon, gesteriliseerde bottels met skroefdoppies. Gooi ’n paar sultanas in elke bottel.

5 Draai die bottels styf toe en laat staan vir omtrent 24 uur by kamertemperatuur. Sit dan die bottels in die yskas. Wanneer die sultanas boontoe dryf, is die gemmerbier reg om te drink.


No comments: