Wednesday, April 24, 2013

Vetkoekies

Bestandele:

1½ k Koekmeelblom
2 t Bakpoeier
½ t Sout
'n Knypie Neutmuskaat
... ¼ t Kaneel
½ k Suiker
½ k Melk
1 e Olie
1 Eier
Olie vir diepbraai


 


Metode

Verhit die olie vir diepbraai. Sif die droë bestanddele saam. Klits die melk, olie en eiers saam. Voeg die droë bestanddele by die melkmengsel en meng goed. Drup lepels vol van die deeg mengsel in die olie. Braai ongeveer 3 tot 5 minute, tot goudbruin. Dreineer op papier handdoek.

Bedien met gouestroop.......




Wenk

Suiker kan oor die vetkoekies gegooi word, indien verkies. Dit sal ook nie skade doen as jy kaneel suiker oorgooi nie. Een wenk wat hulle in die ou kookboeke gee is die lepel waarmee jy die deeg inskep, moet eers in die warm olie gedruk word. Dan moet 'n skeppie deeg uitgeskep word en in die olie gegooi word. Die rede is natuurlik dan sal die deeg afgly van die lepel af.

No comments: