Wednesday, August 7, 2013

AARTAPPEL-EN-BASILIE-SNYTJIES ~ Die Nataniël Tafel

 
 
JY BENODIG

1 ui, gekap
1 knoffelhuisie, gekap
1 eetlepel botter
2 groot aartappels, in dun skyfies gesny
1 eetlepel druiwepitolie
4 eiers, geklits
3 eetlepels basiliekruid, fyngekap
seesout
grofgemaalde swartpeper

METODE

Karamaliseer uie en knoffel in botter.
Kook aartappelskyfies met 'n klein bietjie water in 'n pan tot net gaar.
Verhit olie in pan.
Gooi eiers en basilie in 'n omeletpan of tertbak.
Plaas in oond en bak teen 180˚C vir 3 minute.
Skep uie bo-op en rangskik aartappel bo-op.
Geur met sout en plaas terug in oond tot goudbruin (ongeveer 20 minute).
Verwyder uit oond en geur met swartpeper.
Laat afkoel en sny versigtig.

No comments: