Sunday, August 11, 2013

BILTONG FRITTATA

 

 

Bestandele

 

10 ml Margarien

1 klein uitjie

Halwe klein soetrissie ontpit en in blokkies gesny

4 groot eiers

30 ml melk

50g biltong in baie dun skyfies gesny

50g fetakaas gekrummel

Vars pietersielie

 

 

Instruksies

Smelt margarien in pan en roerbraai di ui en soetrissie tot deurskynend. 

Klits eiers en melk tot net gemeng en giet oor die uie en soetrissie. 

Vou die kante van die eiermengsel stadig met 'n spaan na die middel totdat die mengsel begin stol en strooi dan die biltong fetakaas en gekapte pietersielie bo oor. 

Plaas die frittata vir 'n paar min onder die rooster element totdat dit mooi verbuin het en heeltemal gestol het. 

(Indien jy dit ni in die oond wil plaas ni kan jy dit van die hitte verwyder en vir 'n paar min bedek met 'n deksel of foelie totdat die bokant gestol is.

 

No comments: