Tuesday, April 9, 2013

Griekse Rysslaai

In plaas van 'n normale Griekse slaai, sny jy hiervoor al die gewone bestanddele effens kleiner en gooi dit by rys vir 'n heerlike koue rysslaai.

Vir 4 persone.


Bestandele:


1 koppie rou rys
4 sprietuie, gekap
1 koppie gerasperde komkommer
ongeveer 300 g kersietamaties, gehalveer
75 g fetakaas, in klein blokkies gesny
6 swart olywe, ontpit en in kwarte gesny
sout en varsgemaalde swartpeper
paar handevol varsgekapte basiliekruid


Instruksies:

Kook die rys met 'n knippie sout tot gaar. Gooi dit uit in 'n mengbak om af te koel.
Voeg die res van die bestanddele en sout en swartpeper na smaak by.


Vir die slaaisous:

5 ml aangemaakte heelkorrel- of Engelse mosterd
25 ml olyfolie
25 ml vars suurlemoensap
25 ml rooiwynasyn

Meng al die slaaisousbestanddele en gooi dit by die rys.

Hierdie slaai is op sy beste as dit 'n paar uur in die yskas gestaan het.


* Wenk: Vervang die rys met gaar koeskoes, Bulgaarse koring of quinoa.

No comments: