Tuesday, April 9, 2013

Spinasieslaai met tuna en avokado

 
 
Dié maaltyd kan binne 15 minute op die tafel wees

Genoeg vir: 4
Totale Tyd: 15 min
Voorbereiding: 15 min


Bestandele

3 e vars suurlemoensap
1 e ekstrasuiwer olyfolie
1 e water
1 t Dijon-mosterd
1 ryp avokado, in die helfte gesny, pit verwyder en geskil
'n knippie cayennepeper (rooipeper)
sout
2 e vars platblaar pietersielie, fyngekap
2 e vars grasuie, gesnipper
140 g babaspinasie
2 selderystingels, dun gesny
1 medium rooi soetrissie, dun gesny
1 blik (400 g ) wit nierboontjies (cannellini), afgespoel en gedreineer
2 blikke tuna (170 g elk) in soutwater, goed gedreineer


Aanwysings

Meng die suurlemoensap, olie, water, mosterd, halwe avokado, cayennepeper en ¼ t sout saam. Puree tot glad en skraap die houer af en toe. Roer die pietersielie en grasuie by.
Meng die spinasie, seldery, soetrissie, boontjies en tuna saam met die slaaisous in 'n groot bak. Verdeel dit tussen die opdienborde.
Sny die oorblywende avokado in dun skyfies en rangskik dit bo-op die slaai.

Elke Porsie Sowat 1 170 kJ, 20 g proteïene, 26 g koolhidrate, 11 g totale vet (2g versadigde vet), 10 g vesel, 24 mg cholesterol.

No comments: