Thursday, April 25, 2013

Kaneelsuiker-churros met sjokolade-en-likeursous

Beïndruk almal met dié heerlike Spaanse nagereg.

Genoeg vir: 6
Bereidingstyd:
15 minute
Gaarmaaktyd:
8 minute


Bestandele


• 125 ml (125 g) botter
• 500 ml (270 g) bruismeel
• 10 ml fyn kaneel
• 3 groot eiers
• 125 ml (105 g) suiker
• sonneblomolie, vir diepvetbraai

SOUS


• 100 g donkersjokolade, gesmelt
• 125 ml room
• 50 ml Kahlúa of koffielikeur (opsioneel)


Instruksies


1 Verhit die botter in ’n kastrol saam met 250 ml water en 2 ml sout. Gooi die meel en die helfte van die kaneel by en roer vinnig en aanhoudend oor lae hitte tot die mengsel ’n bol vorm. (Dit duur omtrent ’n minuut.) Haal die kastrol van die plaat af en roer al die eiers op een slag met ’n houtlepel in. Gooi 50 ml suiker by en hou aan roer tot die deeg glad is.
2 Verhit genoeg olie vir diepvetbraai in ’n kastrol oor medium hitte. Skep die deeg in ’n spuitsak met ’n groot sterpunt en druk 12 cm-stroke daarvan in die warm olie. Braai drie of vier stroke op ’n keer tot goudbruin aan albei kante – draai dit een keer om. (Dit duur omtrent twee minute aan ’n kant.) Skep die churros uit die olie en laat dit op kombuispapier dreineer. Meng die orige suiker en kaneel en sprinkel dit bo-oor.
3 Sous Gooi die bestanddele in ’n glasbak en verhit dit oor ’n kastrol met stadig pruttende water tot die sjokolade smelt en die mengsel glad is. Sit dit voor as ’n doopsous saam met die warm churros.

No comments: