Friday, April 26, 2013

Vrystaatse Melkpoeding

 
 
 
Jy benodig

2 eetlepels botter
2 groot eiers, geklits
5 koppies volroommelk
1¼ koppie suiker (240g)
1¼ koppie koekmeel (150g)
1 eetlepel bakpoeier
 
 

Só Maak Jy
 
 
Verhit die oond tot 180 ºC (sonder waaier) en smeer ’n oondvaste bak (met ’n inhoudsmaat van 2 liter) met botter (ekstra).
 
Meng die eiers, melk en suiker. Meng die meel en bakpoeier en gooi die melkmengsel daarby.
 
Gooi die beslag in die gesmeerde bak, met die klontjies botter bo-op en bak dit vir 30 minute. Skakel die oond af en los die poeding daarin vir so 20 – 40 minute in die oond om af te koel en te stol. Ons ons eet die poeding gewoonlik warm, maar koud is dit net so lekker – dan smaak dit amper soos ’n korslose melktert.
 

No comments: