Tuesday, March 26, 2013

Dounuts

Bestandele:

3 en 1/2 koppies koekmeel
1 eetlepel bakpoeier
1 teelepel kaneel
3/4 teelepel sout
1/2 teelepel nutmeg
1/3 koppie melk
1/2 koppie gesmelte botter
4 eiers geklits
2/3 koppie suiker
Sonneblom olie vir braai
Kaneel en suiker mengsel vir strooi
 
 
 
So maak jy:

Meng meel, bakpoeier, kaneel, sout en nutmeg.
Gebruik ander bak en meng melk en gesmelte botter.
In ander bak - klits eiers en suiker tot room met elektriese klitser (so 5min lank) (ek sit dit in my Food Processor)
Gooi nou die melk mengel by die suiker en room mengsel en roer goed met lepel.
Voeg nou die meel mengsel by en roer alles goed.
Maak mengbak toe met clingwrap en plaas in yskas vir 2 ure.
Die deeg is effens taaierig
Strooi oppervlakte effens met meel.
Rol deeg uit - so 1.5 - 2 cm dikte
Druk sirkels - (groot Mayonaise bottel werk goed)
Druk binne sirkel - (shooter glasie werk goed)
Laat effe rys
Braai in warm olie - so 2 - 2.5 minute draai halftyd om totdat hulle goudbruin is
Jy kan so 2-3 gelyk braai
Plaas op servet om olie te dreinneer
Gooi die suiker kaneel in 'n sakkie
Plaas die warm doughnuts daarin en skud
Daar behoort so 15 uit een resep te kom
Heerlik net so alleen of saam met roomys
 
 
 
Variasies:
 
Versier allerhande kleure en besprinkel met allerhande fieterjassies
Sny in helfte en spuit dik vla of styfgeklopte room of chocolate mousse in
 

No comments: