Tuesday, August 6, 2013

Blondies

 
 
’n Blondie is maar net ’n brownie wat met witsjokolade gemaak is. Dis ongelooflik lekker en ook baie ryk, maar
absoluut die moeite werd om te maak.
 
 
(9 porsies)
 
 
Bestandele:
 
• 115 g (125 ml) botter
• 400 g (500 ml) ligte bruinsuiker
• 210 g (375 ml) koekmeel
• 1 ml sout
• 2,5 ml bakpoeier
• 100 g goeiegehaltewitsjokolade
• 100 g makadamia-neute
• 2 eiers
• 5 ml vanielje-geursel
• 45 ml (sowat 9 teelepels) bessiekonfyt
• versiersuiker om bo-oor te sif
 
 
 
Metode:
 
Verhit oond tot 160 °C. Voer ’n 22 cm- vierkantige pan uit met bakpapier.
 
Die pan moet aan die rande ook uitgevoer word.
 
Sit botter en suiker in kastrol en laat smelt oor lae hitte.
 
Die suiker hoef nie opgelos te wees nie.
 
Sif meel, sout en bakpoeier saam.
 
Voeg die suiker-en-bottermengsel by droë bestanddele.
 
Kap sjokolade en neute grof en vou in mengsel in.
 
Klits eiers en geursel saam en vou versigtig in mengsel.
 
Gooi beslag in uitgevoerde pan.
 
Skep teelepels vol konfyt op beslag – die kuns is om dit só te spasieer dat elke blokkie ’n stukkie konfyt kry.
 
Sit in warm oond en bak sowat 1 uur lank.
 
Haal uit en laat sowat 10 minute in pannetjie afkoel voor jy dit uitkeer.
 
Trek bakpapier af en sny in blokke.
 
Sif versiersuiker oor.
 

No comments: