Tuesday, August 6, 2013

WARM DUITSE AARTAPPELSLAAI


 
 
Of dit nou winter of somer is, of dit reen of sneeu - ons in SA braai altyd - Al verskil wat daar is, is die bykosse: In die somer moet koud wees en in die winter warm.
 
Hier is 'n lekker warm aartappelslaai vir die winter braai's

WARM DUITSE AARTAPPELSLAAI
 
 
Bestanddele:
 
• 4 aartappels
• 5 repe spek (gesnipper)
• 1 eetlepel meel
• 2 eetlepels wit suiker
• 1/3 koppie water
• 1/4 koppie witwynasyn of gewone wit asyn
• 1/2 koppie gekapte uie
• sout en peper na smaak

Metode:
 
1.Kook aartappels tot sag, maar steeds ferm, sowat 15/20 minute. Laat afkoel en sny in blokkies
 
2. Plaas spek in 'n groot, diep pan. Braai oor medium hoë hitte totdat egalig bruin en bros is. Dreineer, verkrummel en sit eenkant neer. Moenie vet uit pan gooi nie
 
3. Voeg die meel, suiker, water en asyn in die pan en kook in die spek vet oor medium hitte tot sous dik is.
 
4. Voeg spek, aartappels en uie by en roer deur
 
5. Kook tot warm en geur met sout en peper, bietjie droe of vars pietersielie en paprika
Bedien warm.

 
 
Ek het gekyk oor die verskil van witwynasyn en gewone asyn. Daar word genoem dat jy wel die gewone asyn kan gebruik, dit gaan net nie die vrugte smakie in he nie, en jy kan dalk net klein bietjie minder gebruik as die gegewe hoeveelheid.

No comments: