Tuesday, May 21, 2013

Kaaspoffertjies

 
 
 
KAASPOFFERTJIES
RESEP EN FOTO VANAF SARIE KOS
 
Bestandele
 
1 vel (400 g) blaardeeg /puff pastry
150 g cheddarkaas, gerasper
1 eier
15 ml melk
 
Instruksies

Verhit oond tot 200 °C. Rol blaardeeg 'n bietjie dunner en plaas helfte van kaas op een helfte daarvan.

Vou toe en rol weer dun uit. Herhaal proses totdat al die kaas in die deeg ingerol is.

Druk vorms daaruit en plaas op 'n bakplaat wat met gesmeerde bakpapier uitgevoer is. Klits eier en melk saam.

Verf poffertjies met die mengsel en plaas in warm oond. Bak vir 15 - 20 minute. Hou poffertjies in 'n lugdigte houer.

Hierdie idee is baie oulik vir enige vulsel wat jy wil gebruik, tuna mengsel, hoender, polonie, bully beef, maalvleis, wat van nutella, konfyt, karamel kondensmelk ens.

No comments: