Tuesday, July 16, 2013

Aartappel en Biltong slaai

 
 
 
Hier is 'n resep wat Marjorrie J Gouws met ons gedeel het vir 'n grootmaat : Die slaai word gewoonlik by Deli's gemaak by groot kettingwinkels.

AARTAPPEL EN BILTONG slaai.

Sy noem dat die slaai KOUD bedien moet word, en ja die 4 koppies olie is reg. Pas die resep aan indien jy dit minder wil maak:

Aartappel Biltong Slaai

Kook 1 sak aartappels tot sag en sny in blokkies. Sodra aartappels blokkies koud is gooi genoeg mayonaise oor. Gooi dan so 600 g biltong by en so 400 g gerasperde kaas.

Braai volgende saam :
4 koppies olie
5 koppies uie
Loer af en toe tot sag is.

Sodra die uie dan sag is, gooi die volgende by :

4 koppies asyn
1 kg bruinsuiker
2 groot lepels salad sprinkle
Peper na smaak
1 kop aromat
Sout na smaak

Kook tot asyn baie sterk in kombuis geruik kan word Kook sous mooi deur en gooi oor slaai terwyl nog warm is. Moet asb heeltamal koud wees voor opdiening. Plaas verkieslik in yskas.


Enjoy !!

No comments: