Tuesday, July 16, 2013

TAPIOKA POEDING

 
 
 
TAPIOKA POEDING
(PADDAOGIES)
 
 
 
Bestandele
 
500g pakkie tapioka (6½ koppies na geweek)
6 koppies melk
90g botter
knippie sout (2ml)
8 eiers geskei
250 ml suiker
12.5ml vanielje
appelkooskonfyt
klapper
 
 
 
Instruksies

Week die tapioka vorige dag in kookwater. Kook die melk, geweekte tapioka, botter en sout saam. Kook oor stadige hitte en roer gedurig.
 
Skei die eiers.
 
Klits die geel van die eiers saam met die suiker.
 
Voeg die geklitse eiermengsel by die melkpap.
 
Roer gedurig tot pap dik en gaar is.
 
Roer vanieljegeursel by.
 
Skep die gaar pap in twee gesmeerde oondvaste bakke.
 
Drup lepelsvol appelkooskonfyt oor die poeding en strooi ‘n bietjie klapper oor.
 
Klits die eierwitte tot styf.
 
Vou die styfgeklopte eierwitte bo-oor.
 
Bak in oond tot eierwitte goudbruin is.
 
(Die resep is vir twee oondbakke. Dit vries baie goed. Die resep kan ook halveer word.)

No comments: