Wednesday, August 21, 2013

Piesang en Vla Yskastert



Dis werklik die lekkerste yskastert wat 'nmens kry!
Die bolaag is die beste, want dis waar al die kondensmelk is.

(6 - 8 porsies)

Bestandele

1 liter melk
90 ml vlapoeier
90 ml suiker
1 pakkie (200 g) Tennisbeskuitjies
250 ml suurlemoensap
7 - 8 piesangs
2 blikke (385 g elk) kondensmelk
200 ml suurlemoensap
 

Instruksies:

Maak eerste die vla:

Verhit melk in 'n kastrol.
Meng vlapoeier en suiker en voeg 'n klein bietjie van die warmmelk by.
Meng tot 'n pasta.
Voeg pasta by die warmmelk en hou aan met roer tot die vla dik word.
Gooi vla uit in 'n bak en sit 'n stuk kleefplastiek bo-op.
Dit keer dat 'n vel vorm.
Jy kan nou 'n ronde bak van sowat 20 cm in deursnee of 'n vierkantige bak, ook van sowat 20 cm in deursnee, gebruik.
Doop die beskuitjies in die 250 ml suurlemoensap en pak een laag onderin die bak.
Sny piesangs in skywe en pak in 'n laag bo-op, gevolg deur nog 'n laag beskuitjies.
Gooi al die vla oor.
Pak nog 'n laag beskuitjies, wat ook in suurlemoensap gedoop is, gevolg deur nog 'n laag piesangs bo-op.
Meng kondensmelk met 200 ml suurlemoensap.
Soos jy roer, sal die kondensmelk dik word.
Smeer oor en plaas in yskas vir minstens 4 uur.

No comments: