Wednesday, August 21, 2013

Turkish Delight

Photo: Turkse lekkers
Sowat 16 lekkers van 2 x 2 cm elk

• 12 gelatienvelle 
• sowat 400 ml water
• 400 g (500 ml) suiker
• 35 g (75 ml) mielieblom
• 1 ml sitroensuur (citric acid)
• 200 ml water
• 10 ml rooswater 
• pienk voedselkleursel
• 50 g (105 ml) mielieblom
• 50 g (95 ml) versiersuiker

Week gelatienvelle vir sowat 5 minute in 400 ml water. Smeer pannetjie van 12 x 12 cm en sowat 5 cm diep met olie. Haal gelatienvelle uit water en druk water uit. Meng suiker, mielieblom, sitroensuur en 200 ml water in ’n kastrol. Verhit oor lae hitte totdat suiker opgelos is. Kook vir 7 minute en voeg rooswater en geweekte gelatien by. Meng tot gelatien gesmelt het. Kleur met ’n klein bietjie kleursel en gooi in gesmeerde pannetjie. Laat ’n bietjie afkoel voordat jy dit in die yskas sit tot gestol (so 4 uur). Dompel onderkant van pannetjie in ’n bak met warm water vir letterlik net ’n paar sekondes sodat lekkergoed loskom. Sif mielieblom en versiersuiker saam. Sny lekkergoed in blokkies of vorms van jou keuse. Rol lekkers in gesifte mielieblom en versiersuiker. 

Wenk 
As jy nie gelatienvelle in die hande kan kry nie, gebruik 30 ml korrelgelatien en los dit op in 50 ml water. Smelt die gelatien dan weer oor warm water en volg die resep.See More


Turkse lekkers
Sowat 16 lekkers van 2 x 2 cm elk
 
 
Bestandele

• 12 gelatienvelle
• sowat 400 ml water
• 400 g (500 ml) suiker...
• 35 g (75 ml) mielieblom
• 1 ml sitroensuur (citric acid)
• 200 ml water
• 10 ml rooswater
• pienk voedselkleursel
• 50 g (105 ml) mielieblom
• 50 g (95 ml) versiersuiker
 

Instruksies

Week gelatienvelle vir sowat 5 minute in 400 ml water. Smeer pannetjie van 12 x 12 cm en sowat 5 cm diep met olie. Haal gelatienvelle uit water en druk water uit. Meng suiker, mielieblom, sitroensuur en 200 ml water in ’n kastrol. Verhit oor lae hitte totdat suiker opgelos is. Kook vir 7 minute en voeg rooswater en geweekte gelatien by. Meng tot gelatien gesmelt het. Kleur met ’n klein bietjie kleursel en gooi in gesmeerde pannetjie. Laat ’n bietjie afkoel voordat jy dit in die yskas sit tot gestol (so 4 uur). Dompel onderkant van pannetjie in ’n bak met warm water vir letterlik net ’n paar sekondes sodat lekkergoed loskom. Sif mielieblom en versiersuiker saam. Sny lekkergoed in blokkies of vorms van jou keuse. Rol lekkers in gesifte mielieblom en versiersuiker.


Wenk
As jy nie gelatienvelle in die hande kan kry nie, gebruik 30 ml korrelgelatien en los dit op in 50 ml water. Smelt die gelatien dan weer oor warm water en volg die resep

No comments: