Friday, April 12, 2013

Lekker Melktert

 
 
Tannie Nella se vinnige melktert ~ Maroela Media.

Bestanddele:

1 liter melk
250g botter of margarien
¾ koppie maizena, aangemaak met ʼn klein bietjie water
¾ koppie suiker
2 eiers
Knippie sout
1 teelepel vanieljegeursel

Metode:

Sit die melk en botter of margarien in ʼn pot en verhit tot die margarien gesmelt is en alles kook.
Gooi die res van die bestanddele by en kook stadig vir 10 minute. Roer deurgaans, anders brand dit aan en maak klonte.
Gooi in ʼn gesmeerde tertbak, met of sonder ʼn kors van eie keuse.

No comments: