Monday, August 6, 2012

Piesangbrood Poeding




750 ml warm melk

600 ml sagte witbroodkrummels [grof gekrummel]

300 ml suiker

250 ml piesangmoes [ongeveer 4 piesangs, fyngedruk]

50 ml appelkooskonfyt

2 ml vaniejegeursel

1 ml sout

4 eiers



Strooi broodkrummels in ‘n vuurvastebak.

Meng die res van die bestanddele en klits goed.

Gooi oor die broodkrummels.

Mikrogolf op 50 % krag vir 30 minute.

Sprinkel met kaneelsuiker.

Bedien warm met vla.

No comments: